Jinx

Monday, April 25, 2011

Because

Al my mede melomaan vriende weet ek is byna obsessief 'n Leonard Cohen bewonderaar.
Ek het met die jare al die moontlike albums van die ou lewende legende aangeskaf. Daar was egter heelwat "Bests of en More Best off" versamelde werke wat ek maar vermy het omdat dit bloot net dupliseering van vorige werke was. Ek lees egter gister op een van die Leonard Cohen forums 'n debat oor 'n snit op die "More Best of Leonard Cohen " album.

Op hierdie 1997 versameling is daar as laaste snit 'n heel onbekende snit opgelaai: 13."The Great Event"

It's going to happen very soon.
The great event which will end the horror.
Which will end the sorrow.
Next Tuesday, when the sun goes down,
I will play the Moonlight Sonata backwards.
This will reverse the effects of the world's mad plunge into suffering,
for the last 200 million years.
What a lovely night that would be.
What a sigh of relief,
as the senile robins become bright red again,
and the retired nightingales, pick up their dusty tails,
and assert the majesty of creation!

Written by Leonard Cohen
Produced by Steve Lindsey
Vocals by Leonard Cohen and Victoria
Keyboard Instrumental Performed by: by Jim Cox
Programming and Editing: Iki Levi
Recorded and Mixed by Gabe Veltri

Die frase "I will play the Moonlight Sonata backwards" het my gedagtes geprikkel en het ek toe meer gaan oplees hieroor.
Hier is die snit:


Eers gaan luister ek toe weer na die Moonlight Sonata -
mense bykans 31 miljoen "views".
Daar is nog hoop vir die mensdom!




Op 'n middag in 1969 tydens die atteljeeopnames van die album Abbey Road  sit Yoko Ono op die klavier en speel.
Onder andere speel sy toe ook die  Moonlight Sonata.
John Lennon, die musikale genie wat hy is, vra haar toe om asseblief weer 'n keer die sonate te speel - maar dié keer agteruit?
Dié klink toe min of meer so:


Lennon het daarop die lied "Because" geskryf, gebaseer op die akkoorde van Beethoven se Moonlight Sonate. John Lennon, Paul McCartney, en George Harrison harmoniseer saam:



Op die album Anthology 3 verskyn die lied weer maar die keer in 'n a capella vorm:



In hierdie video gebruik die samesteller beelde van Kazuo Ohno.



Hierdie legendariese Japanese dans guru en spesialis van die Japanese dansvorm "Butoh" is eers verlede jaar op 104 oorlede.

Kazuo se lewensverhaal kan hier gelees word.

1 comment:

  1. hehehe ... dankie ... baie interessant!
    die kostelikste is die meander wat volg op 'n obskure xtra snit op 'n Leonard Cohen kompilasie ... :)

    ReplyDelete