Jinx

Friday, May 21, 2010

Table Top Joe aka Michel Petrucciani

'n Wyle terug het ek  'n post geplaas oor Tom Waits se Poor Edward uit die Alice album.
Een van die ander snitte op Alice was Table Top Joe soos van die amptelike 2002 album.
Daar was ook 'n 1992 bootleg opname, Alice Demos,  hierop klinkTable Top Joe so!
Die snit se woorde gaan so:
"Well my mama didn't want me
on the day i was born
i was born without a body
i got nothing but scorn
but i always loved music
all i had was my hands
i'd dreamed i'd be famous
and I'd work at the sands"

en verder...

"I had trouble with the pedals
but i had a strong left hand
and i could play stravinsky
on a baby grand"

en verder....

"and the man without a body
proved everyone wrong
i was rich and i was famous
i was where i belonged, yeah"



Hierdie is die 2002 weergawe:


Ek het nou al jare lank prentjies en beelde in my verbeelding gemaak van hoe die skepsel van Tom Waits, wie se ma hom nie wou hê, wat sirkus toe was en klavier begin speel het, maar nie by die voetpedale kon bykom nie, nou eintlik moes lyk. Nou het ek met 'n ompad by my eintlike onderwep uitgekom :  Michel Petrucciani .

Ek is oortuig êrens moes die twee kunstenaars se paaie gekruis het vir Tom om dié lied te kon skryf. Michel Petrucciani was 'n frans/italiaanse pianis wat in 1962 in Orange, Frankryk uit 'n musikale familie gebore was. Michel was gebore met  osteogenesis imperfecta, 'n genetiese siekte wat bros beenstruktuur teweeg bring en in baie gevalle ook 'n kort postuur. In die beginjare van sy loopbaan het sy pa en broer hom ingedra na sy vertonings en later ook sy bestuurder. Om geld te spaar het dié baie aande hom hotelkamer toe gesmokkel binne in 'n tas.
'n Pragtige dokumentêr van Michel Petrucciani  kan hier gekyk word.

Op 20 jarige ouderdom het hy na die VSA verhuis. Hier het hy die legendariese Charles Loyd gaan soek en opgespoor. Charles, 'n veteraan saxophone speler wat op sy tyd in groepe van B. B. King, Howlin' Wolf, Bobby "Blue" Bland,The Doors en jare saam met die Beach Boys getoer en opgetree het, was afgetree en het 'n kluisenaars bestaan gevoer. Hulle het begin saam speel en op 22Februarie, 1985 toe dra Charles vir Petrucciani in sy arms op die verhoog van die New York se Stadsaal, sit hom op die klavierstoel neer en die res is geskiedenis. Die aand word die bekroonde "One Night with Blue Note" verfilm.



Michel Petrucciani "born without a body" met 'n 'strong left hand' hy het verseker 'proofed everyone wrong' . Michel is op 6 Januarie, 1999 oorlede en is in die Père Lachaise begrafplaas naas Chopin begrawe.


Tone omkrul lekker!
(Dankie John)

Sunday, May 9, 2010

Bill Fay


Hierdie Groen Ghoen van ons het vele versteekte musiekjuwele.
Bill Fay is 'n Engelse sanger, skrywer en pianis. In 1976 bring hy 'n Solus Sewe plaat uit "Some Good Advice"/"Screams in my Ears"
Hierdie plaatjie is tans op Ebay te koop en die bidding trek al by $1050 !
Uncut beskryf hom as die missing link tussen Bob Dylan, Ray Davies en Nick Drake. Wilco het al een van sy komposisies "Be Not So Fearful" opgeneem. Die 1970 album net getiteld John Fay is 'n meesterstuk.
Iemand het destyds lelik opgeslip met die album se bemarking.



Kan iemand verduidelik hoekom hierdie song nooit 'n hit was nie ?  









“Screams In The Ears”
Offer your sherry to somebody else
I’ve got nothing to say
‘Cept my wife’s in the bedroom with everyone else
But I don’t want to play

Will you stop asking me who I am?
Go and find someone else
To tell your jokes to
What a great party this is

Monday, May 3, 2010

Melanie Safka


Woodstock 40 jaar gelede en 80,000,000 miljoen plateverkope later met sangers soos Cher, Dolly Parton, Macy Gray, Ray Charles, New Seekers, Vicky Leandros, Alison Mojet, Will Olham, Nina Simone ensovoorts wat jou liedjies opneem . Die eerste Pop/Rock kunstenaar wat in Carnegie Hall, die Metropolitan Opera House, die Sydney Opera House, en in die Verenigde Nasie se Algemene Vergadering staande ovasies ontvang het. Unicef se verteenwoordiger, tuisteskepper en ma, Emmy wenner, restaurant entrepeneur en musiekblyspel skrywer wat sedert Woodstock bykans elke jaar tot 2007 'n album die lig laat sien het....soos Keth Moon haar op die verhoog tydens die Isle of Wright Festifval in 1970 voorgestel het......dames en here.....the penultimate flower-child....Melanie Safka !
Jare later tydens die 20e verjaarsdagviering van Woodstock het Jimi Hendrix se pa vir haar weer onder groot toejuiging op die verhoog verwelkom.
Minder as 'n handvol vroulike sangers was op Woodstock, en van hulle het twee liedjies oor die konsert neergepen. Joni Mitchell het te laat vir haar eie Woodstock optrede opgedaag nadat sy ure lank in die verkeersknoop vasgesit het, het die lied "Woodstck"geskryf.
Melanie se optrede by die fees het in gietende reën begin en toe dit opklaar het die masiewe skare haar toegejuig en kerse aangesteek. Hieroor het sy toe Lay Down (Candles in the Rain) geskryf.



Candles in the Rain was'n passievolle intense opname wat na aan die rigeleuse grens asof Melanie tydens die konsert 'n geestelike belewing ondergaan het en uit hierdie ervaring juis die inspirasie vir die lied put.  Die solo sewe het op die rugkant dieselfde lied, maar voorgedra deur Melanie.
In die video hierbo het sy die twee kante saamgebruik.
Little sisters of the sun
Lit candles in the rain
Fed the world on oats and raisins
Candles in the rain
To be there was to remember
So lay it down again
Men can live as brothers
Candles in the rain


Seker Melanie se bekenste treffer!



Joan Baez, Judy Collins, Joni Mitchell, Marianne Faithfull en Melanie Safka word vandag erken as dié vroulike rock ikone.
Melanie Safka is steeds aktief, reis die wêreld vol , kom pas van 'n Europese toer terug,  is besig met 'n Hippie Festival en tree maandeinde weer in Holland op. Melanie het drie kinders, almal musikante, en haar seun Beau-Jarred is 'n kitaarspeler en tree saam met haar op.  Met uitsondering van een,  het haar man Peter Schekeryk, al haar plate geproduce.


Lay down lay down, let it all down
Let your white birds smile up at the
Ones who stand and frown
Lay down lay down, let it all down
Let your white birds smile up at the
Ones who stand and frown*
We were so close, there was no room
We bled inside each others wounds
We all had caught the same disease
And we all sang the songs of peace
Chorus

So raise the candles high cause if you
Don't we could stay black against the night
Oh raise them higher again and if you
Do we could stay dry against the rain
Chrous

We were so close there was no room
We bled inside each others wounds
We all had caught the same disease
And we all sang the songs of peace
Some came to sing, some came to pray
Some came to keep the dark away
So raise the candles high
Cause if you don't we could stay
Black against the sky
Oh oh raise them higher again

And if you do we could stay dry against the rain
Chorus