Jinx

Afrika Afrikaans

Met die rassekaarte wat weer deesdae na hartelus uitgedeel word ,kon ek nie help om die laaste tyd ons eie Afrikaanse sangers se persepsies hiervan in hul lirieke raak te lees nie .

Hoor jy die magtige dreuning

Hoor jy die magtige dreuning

deur die land van bloed en heuning

Hoor jy hoe skreeu die vroue

Hoor jy hoe val die houe

Hoor jy die magtige dreuning

Was dit ‘n koeël of ‘n klapper

‘n hulpkreet of gejuig

was dit ‘n kind wat gil van vreugde

of word ‘n boompie wreed gebuig

Hoor jy die magtige dreuning?


So gaan ons aan,so kom ons om

Dis alles so banaal

Tik tak,tik tok ,dan lui die klok

En die swart skip kom jou haal


Hoor jy die magtige dreuning

Deur die land van bloed en heuning

Hoor jy hoe blêr die moflam-so word hy verlos

langs Klipfontein se afrit

met ‘n kopskoot kaal gelos


Hoor jy die magtige dreuning

Deur die land van bloed en heuning

Die wagte by die poorte het lankal padgegee

Die besmette lied van Afrika is in ‘n lanferlap geklee

Hoor jy die magtige dreuning


So gaan ons aan,so kom ons om

Dis alles so banaal

Tik tak tik tok en dan lui die klok

En die swart skip kom jou haal

©Amanda Strydom - 2006




Tsotsi

Agter Marabastad is ek gebore in 'n krot

Ek het groot geword op pap en my eie snot

Die vuur van my gewete het ek lankal reeds versmoor

en toe in die donker my pad verloor


Op 15 in die tronk kry ek my doktersgraad

en open 'n praktyk in Rockeystraat

Poeier vir jou ego of pille vir jou id

of soek jy dalk 'n hitman om jou skoonma te kom skiet

Ja, van steel en van plunder is ek 'n connoisseur

ek sal die strate regeer met my haelgeweer

daar is baie daar soos ek, vampiere van die nag

hiënas in die donker loop ons rond en wag


Soos gangsters op die TV, verhewe bo die staat

mens kan alles vermag deur die wortel van kwaad

Ek dra my dreadlocks hoog soos 'n kroon bo-op my kop

en as jy vir my skuins kyk, fok ek jou op


Maar oor een ding is ek seker - hieroor weet ek ek's reg

die vel van jou kleur maak jou nie goed of sleg

Blameer tog nie die duiwel wat in jou ore suis

dis jy, dis net jy maak jou eie kruis

©Thys Nywerheid - Husse Met Lang Messe (2008)



“Witman”

Witman loop deur die nuwe era strate

Honger in die sakke en vloeke in die mond

Witman kyk na die vrygestelde slawe

Vergete monumente, Bloedrivier, Godsverbond

Witman loop met ‘n swart agorafobia

Soli deo Gloria, strate van Pretoria

Witman se toekoms lyk al meer lagwekkender

Laat in die nag lê hy wakker wakker wakker wakker

Witman! Witman!

Witman loop deur die Trellidor utopia

Volkskonsentrasiekamp, onbewus euforia

Witman loop ongemaklik in sy vel

Elke tree wat hy gee ‘n bietjie nader aan die hel

Witman nihilisties, witman fatalisties

Kripties pessimisties oor die mensdom dom dom

Witman se toekoms lyk al meer skrikwekkender

sy hart tik tik soos ‘n tydbom bom bom

Witman! Witman!


Witman voed op die oorskiet van verlede dae

Oplossings van gister vir probleme van die hede dae

Witman werkloos, witman ambisieloos

Witman staar die mure plat met grafte in sy oë

Witman gaan siel verloor, witman gaan familiemoor

Witman heelnag wakker soos ‘n lewendige lyk

Witman se rewolwer lê gereed onder sy kussing

Môre-oggend vroeg skiet hy sonder om te kyk KYK

Witman!
© K.O.B.U.S. – Swaar Metaal (2007)