Jinx

Monday, April 25, 2011

Griekse Juwele


Ek het 'n ou vriend wat nie by 'n begrafplaas of grafsteen langs die pad verby ry nie! Dan kom hy terug en vertel stories omtrent die graf die omgewing en sy mens.
Lekker stories, hartseer maar menswees stories.
Die graf hierbo lê in Heraklion op die eiland Kreta.
Die grafskrif lees so:

"Den elpizo tipota. Den fovumai tipota. Eimai eleftheros."
           I hope for nothing. I fear nothing. I am free.

Nikos Kazantzakis is seker die belangrikse Griekse skrywer van die 20e eeu.
Ek het sopas 'n wonderlike boek van hom "Report to Greco" gelees.
Kazantzakis het eers bekend geword en roem verwerf nadat die film "Zorba the Greek" van sy soortgenoemde boek gemaak was. Report to Greco gaan aan met die lewe van Zorba maar is ook gebaseer op sy eie lewe, gewaarwordinge en siening van die lewe.


Nog 'n paar Nikos waarhede: 

 A person needs a little madness,
or else they never dare cut the rope and be free.

Beauty is merciless.
You do not look at it, it looks at you and does not forgive.

There is only one woman in the world.
 One woman, with many faces.


 Since we cannot change reality,
 let us change the eyes which see reality.

"Salvatores Dei"
We come from a dark abyss,
we end in a dark abyss,
and we call the luminous interval life.


Hierdie video is 'n kort biografie met 'n paar aanhalings uit Report to Greco:





Eienaardig was die sangeres Nana Mouskouri ook nie baie bekroond en gewild in Griekeland nie. Sy moes ook soos Kazantzakis eers populêr word oorsee voordat sy daar erkenning gekry het.

Nana Mouskouri Live at Herod Atticus 1984
music Manos Hadjidakis verse: Nikos Gatsos

(Tora pou pas stin xenitia )
Now that you're going to a foreign country,
i'll be a bird of the south wind, to meet you soon,
so i can bring you the cross that you asked me to find for you,
and to bring you a ring.



 





Because

Al my mede melomaan vriende weet ek is byna obsessief 'n Leonard Cohen bewonderaar.
Ek het met die jare al die moontlike albums van die ou lewende legende aangeskaf. Daar was egter heelwat "Bests of en More Best off" versamelde werke wat ek maar vermy het omdat dit bloot net dupliseering van vorige werke was. Ek lees egter gister op een van die Leonard Cohen forums 'n debat oor 'n snit op die "More Best of Leonard Cohen " album.

Op hierdie 1997 versameling is daar as laaste snit 'n heel onbekende snit opgelaai: 13."The Great Event"

It's going to happen very soon.
The great event which will end the horror.
Which will end the sorrow.
Next Tuesday, when the sun goes down,
I will play the Moonlight Sonata backwards.
This will reverse the effects of the world's mad plunge into suffering,
for the last 200 million years.
What a lovely night that would be.
What a sigh of relief,
as the senile robins become bright red again,
and the retired nightingales, pick up their dusty tails,
and assert the majesty of creation!

Written by Leonard Cohen
Produced by Steve Lindsey
Vocals by Leonard Cohen and Victoria
Keyboard Instrumental Performed by: by Jim Cox
Programming and Editing: Iki Levi
Recorded and Mixed by Gabe Veltri

Die frase "I will play the Moonlight Sonata backwards" het my gedagtes geprikkel en het ek toe meer gaan oplees hieroor.
Hier is die snit:


Eers gaan luister ek toe weer na die Moonlight Sonata -
mense bykans 31 miljoen "views".
Daar is nog hoop vir die mensdom!




Op 'n middag in 1969 tydens die atteljeeopnames van die album Abbey Road  sit Yoko Ono op die klavier en speel.
Onder andere speel sy toe ook die  Moonlight Sonata.
John Lennon, die musikale genie wat hy is, vra haar toe om asseblief weer 'n keer die sonate te speel - maar dié keer agteruit?
Dié klink toe min of meer so:


Lennon het daarop die lied "Because" geskryf, gebaseer op die akkoorde van Beethoven se Moonlight Sonate. John Lennon, Paul McCartney, en George Harrison harmoniseer saam:



Op die album Anthology 3 verskyn die lied weer maar die keer in 'n a capella vorm:



In hierdie video gebruik die samesteller beelde van Kazuo Ohno.



Hierdie legendariese Japanese dans guru en spesialis van die Japanese dansvorm "Butoh" is eers verlede jaar op 104 oorlede.

Kazuo se lewensverhaal kan hier gelees word.