Jinx

Wednesday, June 8, 2011

Junior se laaste is Senior stuff

So sit ek en tob oor die toekoms en waar my volgende geldjie vandaan gaan kom ... al timmerend op die keyboard ... in die agtergrond speel DSTV se blues channel ... allerhande lekker blues speel ... oud en nuut ... alles heel luisterbaar ... maar toe speel daar iets wat ek nie sommer net in die agtergrond kan laat verbyglip nie. Om krag te spaar speel ek die kanaal deur die amp sonder om die tv aan te skakel, so ek weet nie wat speel (behalwe as ek dit herken) tensy ek die tv aanskakel nie. Daarvoor lê die remote handig, want sulke 'gems' duik op en dan wil mens dadelik weet wat dit is wat speel. Dis dan juis hoe ek JJ Grey & Mofro 'ontdek' het. Anyway ... aan mettie tv en daar sien ek toe ... dis Junior Wells mette song van sy album 'Come On In This House'. Ek maak dadelik my 'Wishlist.txt' file oop ... hy lê altyd gereed op my desktop vir sulke eventualities ... :) Die album word in die lysie ingedruk vir wanneer ek weer musiek soek. Later die dag voel ek effe down en besluit om terapie te kry ... dadelik is ek oppie web aanie soek en daar vind ek toe Junior Wells se 'Come On In This House'. Voor ek sommer die album aanskaf kyk ek eers rond vir meer inligting omtrent dit. Ek ken mos vir Junior Wells ... het hom saam met Buddy Guy ... sy ou buddy ... hehehe. Ek het hom ook op dvd waar hy sy manewales uithaal ... dit was juis sy ding ... hy kon operate ... soms het mens die musiek en musicianship gemis oor al die manewales ... hy was 'n showman. So sien ek toe dat hierdie album gereken word as dieselfde gehalte as sy hoog-aangeskrewe 'Hoodoo Man Blues' wat sy eerste album was (1965). Ek sien toe ook dat dit (tragies) sy laaste album was wat hy opgeneem het, alhoewel daar ander releases daarna was. Hy was, sover ek kon uitvind, onbewus van sy siekte terwyl hy die album opgeneem het. Binne jaar daarna is hy diagnoseer met kanker en kort daarna het hy 'n hartaanval gekry terwyl hy onder behandeling was. Dit het met hom in 'n koma geëindig waaruit hy nooit gekom het nie. Hy is oorlede op 15 Januarie 1998. Ek wil graag dink hy moes dalk 'n voorgevoel gehad het. Daarom dat hy meer erns getoon het met hierdie album en mette 'n juweel van 'n tradisionele blues album vorendag gekom het ... vir oulaas. Sy weapon of choice was die blues-harp. My vorige favourite 'go-to' blues album is ook deur 'n blues-harp blaser gemaak wat ook prematurely (meer nog as Junior) dood is, naamlik Paul Butterfield. Op Junior se laaste album word hy ondersteun deur 'n hele paar jong, maar top-klas musikante soos Derek Trucks, Corey Harris, Tab Benoit, Alvin Youngblood Hart ens. Die album wen ook die W.C. Handy toekenning vir Tradisionele Blues in 1997. Anyway ... na ek toe so bietjie meer oor die album lees, laat ek hom dadelik kom via die eter ... hy lyk of hy hier by my hoort besluit ek. En vanaand luister ek toe die eerste keer behoorlik na daai album ... en hier is ek nou besig om julle van hom te vertel. 'Cos why? 'Cos jy moet hom uitcheck as jy van goeie trad-blues hou. Dis bleddie mooi man ... sommer dyyyyyydelike blues hierdie! Luister mooi na die eerste track en hoor hoe ongelooflik mooi eenvoud kan klink. Die bass en dromme doen absoluut niks meer as die minimum nie ... hulle weier om flambojant te wees ... selfs die kitaar waag net nou en dan 'n noot wat jy as apart vannie groove kan hoor ... hulle trap mekaar amper dood in daai groove ... beautifully simple! Kry hom maar ... satisfaction guaranteed ... Junior se laaste album het hom vanne clown na 'n SENIOR blues-man promote in my boek ... Lees hier oor die album.

2 comments: