Jinx

Wednesday, October 6, 2010

Meneer Melancholie.






























'n Onlangse debat oor Afrikaners wat nie lewende helde het nie en toe 'n uitnodiging deur die skrywer om 'n lys van 10 lewende Afrikaner helde neer te pen, het my aan die dink gesit. Ek besef toe dat ek nie tien name kan neerskryf nie en vlug toe liewers in my musiekwêreld in. Alhoewel ek al die speletjie van "watter tien albums/songs vat jy na jou eiland saam" tot vervelens toe gespeel het, vra ek toe aan myself, "Wie is my musiekheld?" My musieksmaak is egter so wyd as die here se genade en dis 'n bykans onmoontlike/onregverdige vraag om jouself mee te pooitjie. Die oplossing van die probleemvraag het ek toe gekry deur te gaan kyk na watter kunstenaar het die meeste albums/musiek in my versameling. Ek het sovêr my kennis strek , asook die van ander cohenphiles op die web, 'n volledige Leonard Cohen versameling. Leonard het meer byname as enige ander kunstenaar, Master Of Erotic Despair, Ladies’ Man, Prins van Pyn, Profeet, Pelgrim, Pessimis ens. ens. Vir my is hy die Meester van Melancholie.
In die vroë sestigers het Leonard gesukkel om 'n lewe te maak uit sy gedigte en skryfwerk en begin om liedere te skryf. Hy kon egter nie kitaar speel of sing nie en nader toe via 'n gemeenskaplike vriend vir Judy Collins en vra haar toe wat dink sy van "Suzanne" Haar antwoord was: 'I'm recording it tomorrow". Judy het vir Leonard onder haar vlerk geneem en ook hotelkamer toe.
Suzanne was dan sy eerste lied wat opgeneem was.
JUDY COLLINS & LEONARD COHEN - "Suzanne" 1976



JUDY COLLINS & LEONARD COHEN -
 "Hey, That's No Way To Say Goodbye" 1976

"Sang it all night"? Cohen, you sly dog!

Judy Collins is net so 'n merkwaardige ou dame.
Judy Collins, now 71, is still writing, performing, and nurturing fresh talent. She plays 80 to100 dates a year around the country. Judy Collins, a relentlessly creative spirit, is a modern day Renaissance woman who is also an accomplished painter, filmmaker, record label head, musical mentor, and an in-demand keynote speaker for mental health and suicide prevention.  She continues to create music of hope and healing that lights up the world and speaks to the heart. Hier is haar webwerf.
Hier gesels sy lekker oor hul kennismaking en heel beskeie oor haar rol om Leonard te laat begin sing het:


Leonard het verlede maand 76 jaar jonk geword en "Heck Of A Guy" het hierdie mooi tribute video gemaak:

Leonard Cohen's 76th Birthday - The Video


Vroër vanjaar is Leonard Cohen ingehuldig by die  Songwriters Hall Of Fame.
Weereens was Judy Collins by.

Tydens die seremonie is hierdie opname gemaak:
LEONARD COHEN GIVES MOVING HALLELUJAH FOR SONGWRITERS HALL OF FAME

Menige opinies van Cohen is dat hy donker en swartgallige musiek maak.
Longfellow antwoord hul so:
God sent his Singers upon earth
With songs of sadness and of mirth,
That they might touch the hearts of men,
And bring them back to heaven again.
~Henry Wadsworth Longfellow
Finale woord.
Tydens bogenoemde funksie het Lou Reed die bedankings gedoen en so afgesluit:
“We’re so lucky to be alive at the same time Leonard Cohen is”






No comments:

Post a Comment