Jinx

Friday, May 21, 2010

Table Top Joe aka Michel Petrucciani

'n Wyle terug het ek  'n post geplaas oor Tom Waits se Poor Edward uit die Alice album.
Een van die ander snitte op Alice was Table Top Joe soos van die amptelike 2002 album.
Daar was ook 'n 1992 bootleg opname, Alice Demos,  hierop klinkTable Top Joe so!
Die snit se woorde gaan so:
"Well my mama didn't want me
on the day i was born
i was born without a body
i got nothing but scorn
but i always loved music
all i had was my hands
i'd dreamed i'd be famous
and I'd work at the sands"

en verder...

"I had trouble with the pedals
but i had a strong left hand
and i could play stravinsky
on a baby grand"

en verder....

"and the man without a body
proved everyone wrong
i was rich and i was famous
i was where i belonged, yeah"



Hierdie is die 2002 weergawe:


Ek het nou al jare lank prentjies en beelde in my verbeelding gemaak van hoe die skepsel van Tom Waits, wie se ma hom nie wou hê, wat sirkus toe was en klavier begin speel het, maar nie by die voetpedale kon bykom nie, nou eintlik moes lyk. Nou het ek met 'n ompad by my eintlike onderwep uitgekom :  Michel Petrucciani .

Ek is oortuig êrens moes die twee kunstenaars se paaie gekruis het vir Tom om dié lied te kon skryf. Michel Petrucciani was 'n frans/italiaanse pianis wat in 1962 in Orange, Frankryk uit 'n musikale familie gebore was. Michel was gebore met  osteogenesis imperfecta, 'n genetiese siekte wat bros beenstruktuur teweeg bring en in baie gevalle ook 'n kort postuur. In die beginjare van sy loopbaan het sy pa en broer hom ingedra na sy vertonings en later ook sy bestuurder. Om geld te spaar het dié baie aande hom hotelkamer toe gesmokkel binne in 'n tas.
'n Pragtige dokumentêr van Michel Petrucciani  kan hier gekyk word.

Op 20 jarige ouderdom het hy na die VSA verhuis. Hier het hy die legendariese Charles Loyd gaan soek en opgespoor. Charles, 'n veteraan saxophone speler wat op sy tyd in groepe van B. B. King, Howlin' Wolf, Bobby "Blue" Bland,The Doors en jare saam met die Beach Boys getoer en opgetree het, was afgetree en het 'n kluisenaars bestaan gevoer. Hulle het begin saam speel en op 22Februarie, 1985 toe dra Charles vir Petrucciani in sy arms op die verhoog van die New York se Stadsaal, sit hom op die klavierstoel neer en die res is geskiedenis. Die aand word die bekroonde "One Night with Blue Note" verfilm.



Michel Petrucciani "born without a body" met 'n 'strong left hand' hy het verseker 'proofed everyone wrong' . Michel is op 6 Januarie, 1999 oorlede en is in die Père Lachaise begrafplaas naas Chopin begrawe.


Tone omkrul lekker!
(Dankie John)

No comments:

Post a Comment