Jinx

Sunday, April 11, 2010

Grant-Lee Phillips

Om vergelyk te word met Neil Young, Bruce Springsteen en Bob Dylan sit nie in enige musiekant se broek nie.
Bryan G Phillips alias Grant-Lee Phillips is van Amerikaanse Indiaan afkoms en gerigistreer by die Muskogee stam.
Phillips is egter 'n multi instrument meester wat sy twaalf snaar vaardighede, intense lirieke en stemskakerings inspan om vir ons musiekdis na musiekdis voor te lê.
Grant-Lee Phillips was eers stigterslid van Grant Lee Buffalo wie gereeld saam met groepe soos REM, Cranberries,Pearl Jam en The Smashing Pumpkins in die VSA en Australië getoer het.

Grant-Lee Phillips het eers in die laat 80ers die groep Shiva Burlesque begin en twee albums uitgebring. Die was nie suksesvol nie maar in 1991 het meeste van die groeplede weer bymekaargekom om Grant lee Buffalo te begin. Hul debuut langspeler "Fuzzy" was deur REM se Michael Stipe as die beste album van 1992 beskryf.

FUZZY

In 1995 word Phillips deur Rolling Stone aangewys as beste Manlike Sanger.  Truly Truly is 'n goeie voorbeeld van die sanger se stemvermoëns. In 1999 het Phillips egter die groep opgebreek en sy solo loopbaan begin.
 Verskeie albums het gevolg met Little Moon in 2009.
Hierdie is 'n ongelooflike album met snitte soos
Night Birds en
"Older Now"
Die lied 233 Under the Milky Way het baie lugtyd gekry
nadat dit in die TV reeks Grey's Anatomy gebruik was.
Phillips het ook al saam met een van my gunstelling groepe
"Eels" gewerk en opgetree.
"Like Neil Young meeting Marc Bolan in Bob Dylan's recording studio...
recording a Lennon-esque song?"..........................

No comments:

Post a Comment